Rabie saak 2023 voortgesit

DIE bedrogsaak teen ’n egpaar van Oudtshoorn wat hulle na bewering met onwettige staatstenders verryk het, kon weens die vrou se afwesigheid na ’n ongeluk nie voortgesit word nie en is tot 18 Januarie 2023 uitgestel.

Die staat beweer dat Marthinus Rabie, ‘n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Oudtshoorn proefplaas, sy vrou, Johanna Rabie, se twee beslote korporasies, Attakwa en Gwaiing Ontwikkelings, tussen 2006 en 2008 bevoordeel het met die toekenning van tenders.

Miljoene rande is by die saak betrokke.

Rabie ontken dat hy sy vrou se besighede bevoordeel het of in diens was van enige van die twee beslote korporasies.

Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks. (Deur Garnett Wicomb