De Rust na Uniondale
ONDERHOUD ten bedrae van R29 miljoen gaan oor die volgende agt maande aan die R341 tussen De Rust en Uniondale gedoen word.
Dié projek van die Wes-Kaapse Department van Vervoer en Openbare Werke, sluit die herseëling van die pad in.
Dit is een van verskeie padprojekte van die departement die afgelope tyd in die Klein en Groot Karoo
Die projek sal na verwagting teen die einde van Maart 2019 voltooi wees.
Die pad is laas in 1995 opgeknap. 22 km van die pad sal herseël word waar die padoppervlak erg gekraak en beskadig is.
Belangrike kruisings sal ook opgegradeer en nuwe afvoerslote op sekere plekke gebou word.
Stop/ry-punte sal verkeer op plekke beheer met ’n verwagte wagperiode van 15 minute.
Tydens die projek sal werk vir 11 750 dae vir inwoners van die Eden Distrik geskep word.