DIE Nasionale Raad van Provinsies (NCOP) het op 22 September ’n petisie van People Against Race Classification (PARC) aanvaar waarin ge- vra is vir die verwydering van die woord “coloured” op dokumente van alle regerings- en private instansies.
Glen Snyman, ’n onderwyser van Oudtshoorn en stigter van PARC wat hom die afgelope jare daarvoor be-ywer om rasseklassifikasie in Suid-Afrika afgeskaf te kry en alle rasblokkies op regerings- en ander vorms verwyder te kry, sê hy is opgewonde dat die kwessie uiteindelik op hoogste vlak aangespreek word.
Hy sê Suid-Afrikaanse landsburgers is almal Afrikane, en om na inwoners op grond van kleur as gekleurd (“coloured”) of wit of swart of Chinees te verwys, kom uit die apartheidsdae en is rassisties.
Hy sê mense kan self die geskiedenis van rasseklassifisering naslaan by www.camissamuseum.co.za
Die NCOP het bevind dat die parlement nou ’n nasionale debat moet voer wat die erkenning van inheemse gemeenskappe en hul identiteit sal bespoedig.
Die Menseregtekommissie word voorts ses maande tyd gegee om navorsing te doen oor die aangeleentheid en terugvoer aan die raad te gee.
Provinsies sê ja vir moontlike verwydering van die woord ‘coloured’ van dokumente
’n Bewusmakingsveldtog van PARC verlede jaar op Oudtshoorn.
Foto verskaf