Briewe van lesers: 13 Oktober 2022

Bedruk en bedonnerd

As ’n Oudtshoorniet is ek erg beswaard om vanoggend te sien dat die 42ste Fre­da Barnard Swemgala op 8 Oktober in Conville, George aangebied word. Hoe gebeur dit dat hierdie jaarlikse gala wat ’n absolute instelling op Oudtshoorn se sportkalender was, sonder enige aandui­ding onder ons oë en ore uit verdwyn? Sommer net so! Dié gala is ’n jaarlikse spog­geleentheid – 41 jaar lank was dit trots Oudtshoorn.

Iemand moet verseker verduidelik – hier­die is ’n groot terugslag vir die dorp se sportkalender. Wat is volgende – met deernis gevra?

Gegewe die ontstaan en geskiedenis van die gala dink ek nie dié merkwaar­dige dame, verdien dat haar gala enige plek anders as Oudtshoorn aangebied word nie, en dat sy verseker dit van­oggend in Oudts­hoorn sou wou sien. ’n Klap in ’n baie merk­­waardige Oudts­hoorn-familie se ge­sig. Die gala is ’n groot Orca wat geval het.

Iewers, net iewers, sal die stadsva­ders moet verantwoording doen oor die verrotting wat besig is om in te tree op senior politieke vlak in Oudtshoorn. ’n Mens kry die idee dat Oudtshoorn se politieke glaspaleis tans op leuens, twee­spalt, trots, selfverheerliking, nepo­- tisme en onstabiliteit gebou is en nie in belang van die inwoners nie. Oudts­hoorn behoort aan die inwoners en nie stads­vaders nie. Stadsvaders is dienaars; nie eienaars nie.

Dit blyk dat daar ’n agenda is om die inwoners skuldig te laat voel oor die politieke situasie, deur voortdurend besorgde inwoners se klagtes en petisies met min belang te hanteer – byvoorbeeld die riooltariewe wat met Afriforum se hulp in die hof gaan draai het.

Bring die Freda Barnard-gala terug. Daar is reeds sprake dat dit 2023 weer in George aangebied gaan word.

Ek is onder korreksie – die jaarlikse Highgate Tweekamp word al 30 jaar in Oudtshoorn aangebied. Gaan die dorp dit ook verloor?

Te veel verskonings, te min dade.

Groe­te uit die Klein Karoo. My hartland.

– André Barnard, Oudtshoorn Die burgemeester, Chris Macpherson, reageer soos volg op die brief:
As burgemeester wil ek die publiek meedeel dat enige sportgeleentheid wat die dorp moontlik kan verloor as ge­volg van swak beplanning of onvoldoen­de instandhouding van ons gerie­- we uiters onaanvaarbaar is. Ek was reeds in gesprek met die komitee van Eden-swem om te probeer verseker dat die uiters belangrike Freda Barnard-swemgala volgende jaar na Oudtshoorn sal terugkeer.

Ek wil my opregte dank betuig aan lede van die publiek wat reeds self aan­gebied het om hand by te sit om die NA Smit-swembad op standaard te hou. Skenkings en die bereidwilligheid van individue en organisasies om te help, getuig van ’n positiewe gesindheid en begrip van die uitdagings waarmee die munisipaliteit moet omgaan.

Lede van die publiek wat graag hulp wil verleen en betrokke wil raak by ini­-siatiewe om sportgeriewe te verbeter, kan kontak maak met Dave van der Walt van die Oudtshoorn Sportinisiatief (082 773 4901) of met Ian Laub­cher van die munisipaliteit se sportraad (044 203 3976).

Waarom poste heradverteer?

Nou is die koalisie besig om onverantwoor­delik met die belastingbetaler se geld om te gaan. Die twee poste waarna ek nou gaan verwys, word heradverteer. Wat is die rede? Was die mense wat hulle wil aanstel se aansoeke nie by nie?

Einde September is twee poste geadverteer: ’n bestuurder in die onderbur­gemeester se kantoor en ’n media­be­- ampte in die burgemeester se kantoor. Hulle verdien volgens die advertensie gesamentlik meer as R1 miljoen per jaar.

Volgens wetgewing is die pligte van die onderburgemeester om in te staan wanneer die burgemeester afwesig is en gevolglik is dit mos logies dat die burgemeester se bestuurder dan ook tot sy beskikking is. Hy het dus nie nodig om enige aanstellings in sy kantoor te maak nie. Om wat te doen?

Daar is reeds bekwame amptenare in hierdie poste wat gereeld via die media met die gemeenskap kommunikeer. Somtyds word van hom verwag om van­­weë sy posisie en verantwoordelikheid self met die belastingbetalers te kommunikeer. Dit het hy tot nou goed gedoen en sy voorganger het selfs die radio en TV gebruik.

Wanneer hierdie twee poste gevul word, sal die belastingbetaler sien of daar ’n behoefte was.
Ten opsigte van behuising:

Die distriks-, provinsiale en nasio­na­le regerings het te kenne gegee dat behuising nie meer ’n funksie van plaas­like regering is nie. Verstaan die Oudts­hoorn-raad dat dit die ontbinding van die behuisingsdepartement bete­ken? Dié amptenare moet nou by ander afdelings geplaas word, anders kan die salarisse wat hulle kry sonder werk om te doen as vrugteloos beskou word.

As die burgemeester en sy raad erns­-tig is met besparing, sal hulle bogenoem­­de ernstig opneem. So ook die ANC en sy vennote wat swyg soos ’n graf.
– Uitkoms van die Hoorn

Die waarnemende munisipale bestuurder, Gerald de Jager, reageer soos volg:
Ten opsigte van die eerste drie paragrawe van die brief:

Die politieke struktuur met onder­steu­ningsfunksies is deur die raad goed­­gekeur. Alle rolvertolkingsposte word dienooreenkomstig aangestel en gevul. Poste word gevul met die ge­skikte persone. Die her-advertering is gedoen om geskikte kandidate in daar­die twee poste te kry.

Ten opsigte van die tweede deel van die brief:
Die munisipaliteit is voordurend in gesprek met alle rolspelers in die voorsiening van behuising. Die munisipa­liteit is tans ook besig met her­strukturering. Tot die proses afgehandel is, kan daar nog nie kommentaar gelewer word nie. Behuising is ’n belangrike diens­­leweringbehoefte van gemeenskappe. Die munisipaliteit is voordu­rend in gesprek met die distrik-, pro­vinsiale- en nasionale regering om al­mal se rolle uit te spel en verstaan. Tot almal se rolle uitgespel is, is dit moeilik om net te sê die behuisings­amp­tenare se salarisse moet gestaak word of hulle moet verskuif word na ander departmente.