

POLISIE in Oudtshoorn, Calitzdorp en Ladismith het die afgelope week skoonskip gemaak onder kriminele elemente in die onderskeie dorpe.
Op Donderdag 22 Junie, sowat 5 km buite Ladismith is twee verdagtes, onderskeidelik 17 en 18 jaar gevang met vier bondels kabels. Die bondels kabels is sowat 100 m in totaal. Hulle is ge- arresteer en ’n klag van besit van ge-steelde eiendom is teen elkeen gemaak. Dit blyk dat die kabels vroeër langs die Lainsburg pad verwyder is.
Die Oudtshoorn Polisie het op Vrydag 23 Junie hoë misdaad areas in Oudts-hoorn besoek. Hul het 6 persone ge- arresteer wat in besit van verskeie dwelms was. Die persone het klein hoe-veelhede Mandrax, tik en dagga in hul besit gehad. ’n 57-jarige man is in Tierstraat gearresteer wat drank sonder ’n lisensie verkoop het. Die polisie het sowat 100 liter drank gekonfiskeer wat in die man se besit gevind is.
In nog ’n klopjag op dieselfde dag is ’n man gearresteer nadat twee 44 mm koperkleppe in sy besit gekry is, en hy nie bewyse of redes vir die kleppe in sy besit kon gee nie.
Intussen het polisielede van die Garden Route District Crime Combatting Team, Attaqua K9 eenheid wat in Calitzdorp ontplooi is, op Saterdag 24 Junie 2023 ’n operasie by ’n sjebeen in 9de Laan, Bergsig in Calitzdorp, begin. Die gesamentlike magte het 320 liter drank op ’n perseel gekonfiskeer.
’n 37-jarige man en 25-jarige vrou is in hegtenis geneem. Hulle staan elkeen tereg op ’n aanklag van die verkoop van drank sonder ‘n lisensie.
Alle verdagtes wat in hegtenis geneem is, sou na verwagting op Maandag, 26 Junie 2023, hul eerste hofverskyning gemaak het.