Polisie opsoek na gesteelde bergfiets

Die Oudtshoorn Polisie is op soek na ’n gesteelde bergfiets, of inligting wat daartoe kan lei om die
fiets – ter waarde van R80 000 – op te spoor.

Die swart bergfiets is Sondag, 16 April by 238A Jan van Riebeeckweg gesteel.

Daar was ’n erkenbare plakker op die fiets.

Kontak ao MJ le Roux by 082 402 1730.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.