Vir Honoria Cronjé (89, middel) is dit ’n besondere voorreg, trots en dankbaarheid om saam met twee van haar graad 1-leerlinge in die Oudtshoorn Rotariër Aftree-Oord te kan woon! Rinus Langenhoven (links) was in 1954 in haar klas, en het afgetree as Hoofdirekteur van Justisie vir die Provinsie van Natal. Alewyn Hanekom, wat in 1960 in haar klas was, het afgetree as skoolhoof van Laerskool Wesbank op Oudtshoorn. Hulle het skoolgegaan by die destydse Laerskool Oudtshoorn-Suid waar Piet Cronjé 13 jaar skoolhoof was. “Nou is ons drie dierbare vriende.” vertel sy. Foto verskaf