’n Brug langs die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust se onlangse transformasie van verwaarloos en vaalwit na nuutgeverf en pienk was die inisiatief van inwoners van die Hazenjacht-omgewing wat daardeur kankerbewust-heid wou skep. Volgens Len Bornman van Thabile Lodge, ’n gastehuis in dié omgewing, was die brug verwaarloos en het hy en sy bure besluit om dit te verf. Hulle wou terselfdertyd deur die kleur wat hulle kies, kankerbewustheid skep. Met die dat dit in Oktober Boskankermaand was, is besluit om die brug pienk te verf, die kleur van die pienk borskankerstrikkie. “Kanker raak almal en ons hoop dat mense elke keer wat hulle by die pienk brug verbyry, dit as simbool sal onthou,” sê Bornman. Foto verskaf