Foto van die Week: 25 September 2026

Sowat 470 gaste het Dinsdagaand Klein Karoo Saad se erkenningsgeleentheid op Langenhoven Gimnasium se grashokkieveld bygewoon. ’n Markiestent is vir die geleentheid op die veld opgeslaan en smaakvol vir die aand ingerig. Demi Lee Moore was die gaskunstenaar en het van haar treffers, asook ander liedjies, vir die gaste gesing. Die reën wat tydens die geleentheid uitgesak het, was besonder gepas vir ’n aand waarop boere erkenning gekry het. Foto: Angelique Erasmus

Be the first to comment on "Foto van die Week: 25 September 2026"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*