Die Animal Care Team van Suid-Afrika (ACT) nooi belangstellendes uit na sy algemene jaarvergadering op Donderdag 26 November 2026 by 225B Jan van Riebeeckpad, Wesbank, Oudtshoorn. Bywoners kan van 18:00 af opdaag. Die vergadering begin stiptelik om 18:30.
ACT is ’n plaaslike dierewelsynsorganisasie sonder winsoogmerk wat al 13 jaar lank diere en hul eienaars in Oudtshoorn en omliggende gemeenskappe ondersteun. Die organisasie maak op donasies uit die gemeenskap staat om sy werk voort te sit.
ACT se kliniek sal van Januarie 2027 af weer ten volle in bedryf wees.
ACT onderhou die kliniek self en word jaarliks bygestaan deur ’n veearts wat verpligte gemeenskapsdiens (Compulsory Community Service, oftewel CCS) doen. Die veearts help met algemene kliniekwerk, waaronder die sterilisasie en inenting van honde en katte, asook wondversorging.
ACT bied dierewelsynsorg teen bekostigbare tariewe. Diere-eienaars betaal vir die dienste wat hulle gebruik. ACT het geen kennels nie en hou nie honde in hokke aan nie.
Die vergadering bied inwoners die geleentheid om meer oor ACT se werk te hoor en die mense agter die organisasie te ontmoet.
Vir navrae, kontak Elmarie by 082 498 0177.
ACT hou algemene jaarvergadering

Be the first to comment on "ACT hou algemene jaarvergadering"