Bespreek jou plek vir Oudtshoorn se raadsinhuldiging

Die eerste vergadering van Oudtshoorn se nuwe munisipale raad vind Woensdag, 18 November om 09:00 plaas. Inwoners wat dit wil bywoon, het tot Maandagmiddag om hul plek te bespreek.

Volgens ’n kennisgewing van die Oudtshoorn Munisipaliteit word die vergadering in die banketsaal van die Burgersentrum by Voortrekkerweg 69 gehou.

Daar is 200 sitplekke vir die publiek beskikbaar. Besprekings word aanvaar in die volgorde waarin dit ontvang word en sluit Maandag, 16 November om 16:30.

Inwoners kan gedurende kantoorure met Janine Metembo of Madelein Sederstroom van die munisipaliteit se raadsondersteuningsdienste kontak maak om ’n plek te bespreek. Die telefoonnommers is 044 203 3002 en 044 203 3005. Besprekings kan ook per e-pos aan Janine@oudtmun.gov.za of Madelein@oudtmun.gov.za gedoen word.

Slegs mense wie se name op die besprekingslys verskyn, sal toegelaat word om die vergadering by te woon. Dié lys sal die oggend van die vergadering aan sekuriteitspersoneel by die ingang oorhandig word.

Lede van die publiek moet reeds 30 minute voor die vergadering begin hul sitplekke op die galery inneem. Inwoners wat dit bywoon, moet dus teen 08:30 hul plekke inneem.

Die vergadering sal ook aanlyn gevolg kan word. Volgens die kennisgewing sal die munisipaliteit ’n skakel op sy mediaplatform beskikbaar stel.

Klier hier vir meer besonderhede oor Oudtshoorn se verkiesingsuitslae, die setelverdeling en die uitslae per wyk.

Lees ook:

Vrae oor DA se burgemeesterskandidaat nadat die party tien wyke verower het

Be the first to comment on "Bespreek jou plek vir Oudtshoorn se raadsinhuldiging"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*