Oudtshoorn se nuwe raad word Vrydag ingehuldig

Foto: Oudtshoorn Munisipaliteit

Die inhuldigingsvergadering van Oudtshoorn se nuwe munisipale raad, wat Woensdag, 18 November sou plaasvind, is uitgestel tot Vrydag, 20 November om 09:00.

Volgens ’n kennisgewing van die Oudtshoorn-munisipaliteit sal die vergadering steeds in die banketsaal van die Burgersentrum by Voortrekkerweg 69 plaasvind.

Besprekings vir die publiek om die vergadering by te woon, het reeds Maandag, 16 November om 16:30 gesluit. Slegs inwoners wie se name op die besprekingslys verskyn, mag die vergadering bywoon. Die nuwe kennisgewing meld nie of besprekings heropen sal word nie.

Die vergadering sal ook aanlyn gevolg kan word via ’n skakel wat die munisipaliteit op sy mediaplatform beskikbaar sal stel.

Só lyk die nuwe raad tot dusver

Volgens die lys van verkose raadslede wat op 13 November in Staatskoerant nr. 55741 gepubliseer is, lyk Oudtshoorn se nuwe munisipale raad tot dusver soos volg:

Wyksraadslede

  • Wyk 1: Danie Johan Fourie (DA)
  • Wyk 2: Andrew Steyn Kühn (DA)
  • Wyk 3: Jacqueline Lorna Emelda Meyer (DA)
  • Wyk 4: Fielies September (DA)
  • Wyk 5: Claudine Lukas (ANC)
  • Wyk 6: Jerome Caeser Lambaatjeen (DA)
  • Wyk 7: Anél Berry (DA)
  • Wyk 8: Mziwoxolo Zwelakhe Tyatya (ANC)
  • Wyk 9: Burneline Harmse (DA)
  • Wyk 10: Liluth Sharon Shana van Rooyen (ANC)
  • Wyk 11: Klaas Booysen (DA)
  • Wyk 12: Samuel Meiring (DA)
  • Wyk 13: Werner Junior Meyer (DA)

Proporsionele raadslede

  • Advieskantoor: Leon Campher.
  • ANC: Caroline Estelle Wagner-Windvogel en Bulelani Sbusiso Blaauw.
  • Bridgton Civic Association: Angeline Lekay.
  • Independent Civic Organisation of South Africa (Icosa): Vlancio Mardeok Donson.
  • Patriotic Alliance (PA): Suzane Anestine Jansen, Colan Francois Sylvester en Abraham Tiemie.
  • Restore Azania Movement: Mandilakhe Danson Matika.
  • VF Plus: Johannes Jacobus Allers, Henriëtta Cecilia Pretorius en Christo Vermaak.

Die gepubliseerde lys bevat dus 25 raadslede, bestaande uit 13 wyksraadslede en 12 proporsionele raadslede. Die DA het tien setels, die ANC vyf, die PA en VF Plus elk drie, en Advieskantoor, Bridgton Civic Association, Icosa en Restore Azania Movement elk een.

Lees ook:

Vrae oor DA se burgemeesterskandidaat nadat die party tien wyke verower het

Be the first to comment on "Oudtshoorn se nuwe raad word Vrydag ingehuldig"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*