Sms’e van lesers

■ Groot respek vir Good. Dit is die enigste party wat by hul beginsel hou en nie in koalisie gaan bloot om posisies op die raad te bekom nie en sodoende persoonlike voordeel bo dienslewering stel nie.

■ As hoofrede vir die stigting van die nuwe partye, was hul ongelukkigheid omdat die groter partye instruksies vanaf hul hoofkantoor kry. Die ironie nou is dat hulle saam met die ANC die instruksies van Lethulihuis moet uit-voer.

■ Baie geluk aan Chad Louw wat Oudtshoorn se jongste burgemeester nog is. Sterkte met die groot taak.
Van ’n DA-tannie