DIE man wat daarvan aangekla word dat hy die pa van sy meisie in sy huis in Bongolethu op
Oudtshoorn vermoor en in ’n vlak graf begrawe het, gaan vir waarneming na ’n psigiatriese hospitaal gestuur word.
Die 36-jarige Patrick Rondganger se saak het op 24 April in die Oudtshoorn Streekhof voorgekom, en is verder uitgestel tot 22 Mei.
Rondganger staan tereg op klagtes van moord, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg en het met ’n vorige verskyning aangedui dat hy skuldig wil pleit op die moord van Eric Xaxaka (60).
Sy regsverteenwoordiger, Bradley Samuels, het die hof egter meegedeel dat nuwe inligting na vorige gekom het wat die vonnisoplegging van Rondgang-er kan beïnvloed. Hy het die hof versoek om Rondganger vir waarneming na die Valkenburg Psigiatriese Hospitaal te verwys en die saak is in afwagting vir ’n beskikbare bed deur streeklanddros Sylvia Mandla uitgestel. (Deur Garnett Wicomb)
Patrick Rondganger (36) na Valkenburg
Eric Xaxaka