Outshoorn nie die duurste, sê burgemeester

’n Tabel met vergelykende syfers van Suid-Kaapse dorpe verskaf deur die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit.

DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n vergelykende tabel van die tariewe van dorpe in die Tuinroete Distrik opgestel na aanleiding van herhaalde aantygings van inwoners en politieke groepe dat Oudtshoorn “die duurste dorp” in die Suid-Kaap is.

Volgens die burgemeester, Chris Macpherson, word tariewe in die tabel vergelyk, maar word ook byvoorbeeld aangedui wat dit jou gemiddeld sal kos om ’n eiendom in een van die dorpe te koop. In die geval is Oudtshoorn duidelik nie die “duurste dorp nie, maar die “goedkoopste” dorp.

Macpherson sê die tabelle toon ook die aantal deernis-huishoudings in elke dorp. Volgens hom is gesprekke reeds aan die gang om te bepaal waarom Oudtshoorn veel minder geld as byvoorbeeld Bitou (Plettenbergbaai) van die regering ontvang ten spyte daarvan dat daar veel meer deernishuishoudings en inwoners in Oudtshoorn is, iets wat gewoonlik as maatstaf vir befondsing gebruik word.

“Volgens die tabel is Oudtshoorn om die waarheid te sê die tweede goedkoopste dorp in die Suid-Kaap wat dienste betref, en is dit ten opsigte van al hul dienste net R72 per maand duurder as Mosselbaai.” (Deur Liesel le Roux)

2 Comments on "Outshoorn nie die duurste, sê burgemeester"

  1. Sakkie Basson | 15/06/2021 at 10:49 |

    As die Burgemeester ook die volgende som doen sal hy dalk verstaan wat die belastingbetalers se frustasie is. Outshoorn se totale koste per jaar R45,447.75 ÷ R490,897.22 X 100 Gem eiendomswaarde as % = 9.26%. Die som as ‘n persentasie vir die ander dorpe is as volg: Mosselbaai 4.60%, George 5.71%, Knysna 4.91%, Bitou 3.19% en Hessequa 4.40%. Die koste tot die eiendomsbelegging is dus in meeste gevalle meer as 200% meer in Oudtshoorn as in die vergelykende dorpe.

  2. JP Mostert | 11/06/2021 at 12:45 |

    Dalk nie die duurste dorp nie maar die erf belasting is duidelik hoër as Mosselbaai en Hartenbos sin vir die selfde groote huis wat ek daar gehaad het voor ek oor getrek het. Dienste, Wel die dienste is ook baie beter anderkant die berg as in OUDTSHOORN, vulles verwydering, waterpyp lekker se herstel, paaie in die dorp gebied. Oudtshoorn se paaie in die dorp is meer gate as teer, kan net so wel grond pad gemaak word.Water beperkings is in plek maar as n pyp bars loop die water te lekker maar ons moet beperk work want die dam flak loop uit in die dorp se strate.

Comments are closed.