Tsv skuldigbevinding en vonnis bly Meshoa die speaker

Werner Meshoa

WERNER MESHOA (Icosa) bly die speaker van die Kannaland-raad, ten spyte daarvan dat hy in die Ladismith Streekhof skuldig bevind is aan bedrog en dwarsboming van die gereg.

Meshoa is op 25 Mei in die Oudtshoorn Streeks­hof tot 18 maande gevangenisstraf of ’n boete van R6 000 gevonnis vir bedrog, en ook vier jaar gevangenisstraf opgelê vir dwarsboming van die gereg.

Dit is vir vier jaar opgeskort met 36 maande huisarres.

Sy vonnis het bepaal dat hy tydens sy huisarres wel mag gaan werk.

As hy egter in ander gevalle sy huis wil verlaat, sal hy daarvoor toestemming by Korrektiewe Dienste moet verkry. (Deur Liesel le Roux)

Be the first to comment on "Tsv skuldigbevinding en vonnis bly Meshoa die speaker"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*