Oudtshoorn se burgemeester deel interessante inligting

Lede van die publiek vra gereeld vrae oor waterpype wat bars.

Die meeste van Oudtshoorn, De Rust en Dysselsdorp se waterpype is asbes wat reeds dekades oud is en stelselmatig vervang word.

Hier is die statisiek van Groter Oudtshoorn se pyplydings.

Pype wat water aan die landelike waterkema voorsien is altesame 340 km lank en hooftoevoerlyne wat water vanaf bronne vervoer is 70 km.

Die drie dorpe se pyplydings lyk as volg: Oudtshoorn – 240 km waarvan 200 km nog asbespype is. Dysselsdorp het 28 km pype waarvan 23 km asbes is en van De Rust se 11 km is 8 km nog asbes.

Dit beteken Oudtshoorn se waterpype is saam 689 km lank. As die pype padlangs in een lyn gelê word sal die lyn vanaf Oudtshoorn tot 59 km voor Bloemfontein strek.

Die pypleiding wat water vanaf Blossoms bring sal met voltooiing 22 km lank waarvan 17 km reeds voltooi is.

Vragmotors wat water aanry aan areas waar daar nie lopende water is nie, lê tans ongeveer 1 800 kilometer per week af.