April stel sy eie app bekend

Luigi April van Oudtshoorn Foto: Verskaf

DIE gospel rymkletser, Luigi April van Oudtshoorn, het opwindende nuus vir sy mede Oudtshoorniete, met die bekendstelling van sy eie selfoon applikasie, waarop sy boeke beskikbaar is.

Die applikasie kan direk op slimfone afgelaai word en is beskikbaar by “Luigi April Ministries Books.”
April het reeds twee boeke geskryf, ’n lied vrygestel en sy eie klerereeks.

“Ek het die inspirasie vir my eie app gekry nadat ek my 2de boek ‘Wandel met die Here – My persoonlike ondervinding met God’ geskryf het,” sê April.

Die applikasie is einde November klaar gebou, en reeds aanlyn beskikbaar.

Tien gelukkige lesers kan elkeen ‘n gratis applikasie wen. Vir meer inligting kontak vir April op 071 696 7222. (Deur Angelique Erasmus)