Oudtshoorn Dierehergberg skenk T-hemp aan Lizz Meiring

Lede van die Oudtshoorn Diereherberg is deur Lizz Meiring, bekende aktrise, bederf toe hulle na haar vertoning “Van die rak af” genooi is. Hulle het aan haar ’n t-hemp geskenk. Sy het ook by hul stalletjie tydens die KKNK die gelukkige trekkings behartig. Meiring het ook by die stalletjie gehelp met verkope, bemakring en selfs skenkings gebring vir verkoop. Hierdie fantastiese aktriese het ’n passie vir diere en het aan die dierewelsynsorganiesasie haar platform gegee vir die bewusmaking van diere in nood in Oudtshoorn en die omliggende omgewing. Om betrokke te raak of skenkings te gee kan Ansa De Jager gekontak word by 072 070 5977. Foto verskaf