Sangeres Nadine skenk R25 000 aan dierewelsyn

Die bekende Suid-Afrikaanse sangeres, Nadine (middel), het tydens haar KKNK-vertoning op Vrydag, 7 April, R25 000 aan die dierewelsynorganisasie, Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) geskenk deur middel van haar borg AE Switch. Sy het verteenwoordigers van die organisasie op die verhoog geroep en hul geprys vir die werk wat hulle doen in die gemeenskap, en gesê sy volg hul werk. Hier is die Odin-span saam met Nadine, waar die sangeres van die verhoog af gekom het en tussen die skare begin sing het. Volgens Marlene Mennie (naasregs) van Odin sal die fondse aangewend word vir uitreiking en opvoeding in die gemeenskap. Die res van die Odin-span van links is Kayla Mennie, Lizelle Mouton en Megan Mennie (heel regs). Foto verskaf