’N VOORMALIGE balju van die hof, Abraine Coerecius (42), is verlede Donderdag (25 Februarie 2021) tot 38 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy in die streekhof op Oudtshoorn skuldig bevind is aan bedrog en geldwassery.
Volgens Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die polisie se direktoraat van prioriteitsmisdade (die Valke), het Coerecius drie gesinne in 2016 uit meer as R470 000 bedrieg. Hy het drie erwe geïdentifiseer wat die klaers in die saak kon koop, die kontrakte verskaf en die deposito’s en koopprys vir die erwe ontvang. Die erwe is egter nooit in die aktekantoor in die klaers se name geregistreer nie.
Hy is soos volg gevangenisstraf op agt klagtes opgelê:
Klagte 1 – voorgee dat hy ’n prokureur is: twee jaar;
Klagte 2, 3, 4 en 5 – bedrog: 10 jaar op elke klagte met klagtes 2 en 3 en klagtes 4 en 5 wat saam uitgedien word;
Klagte 6 en 7 – bedrog en geldwassery: ses jaar op elke klagte wat saam uitgedien word;
Klagte 8 – bedrog: 10 jaar.
Die waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Wes-Kaap, brig Mushavhaduvha Ramovha, het die vonnis verwelkom en die span bedank vir hul werk. (Deur Liesel le Roux)
1 Comment on "Oud-balju kry 38 jaar vir bedrog en geldwassery"
Comments are closed.
What about Zodwa Seti from Alberton that took millions and is still free . Why only certain sheriffs. Nothing happend to her . The Board off Sheriff KNOW all about it . Thank You