Eljada Kairos Skool groet hul Juffrou Sonskyn

Sonja Van Niekerk (voor) saam met die personeel van die Eljada Kairos Skool op Oudtshoorn tydens ’n afskeid wat verlede Vrydag by ’Enchanted Coffee op Oudtshoorn vir haar gehou is. Van Niekerk was vir 23 jaar en twee maande verbonde aan die skool wat voorsiening maak vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Volgens haar kollegas was sy by die skool be­kend as Juffrou Sonskyn omdat sy altyd ’n positiewe en vriendelike geaardheid het, en ook ’n ongelooflike humorsin. Oor haar aftrede sê sy: “My ééndag het nou my vandag geword.” Volgens haar kollegas het Van Niekerk altyd in almal se welstand belanggestel, van die hoof tot die busbestuurders, en het Van Niekerk, met haar “funky” blou streep in haar hare, graag vir kollegas gesê: “Kry tog net lewe, dis verniet!”. Foto: Stefan Skapie Goosen