Stryery oor sigarette eis lewe

Emile Malgas (26). Foto verskaf

’N 26-JARIGE man van Bridgton, Emile Malgas, is Saterdag in die vroeë oggendure dood nadat hy drie keer in sy bors gesteek is na ’n beweerde stryery oor sigarette.

Volgens sers Gretchen Michaels, polisiewoord- voerder, het die voorval omstreeks 0:45 op die hoek van 21ste Laan en 9de Laan in Bridgton plaasgevind.

Dit is net ’n klipgooi van die Bridgton Swembad af.

Malgas is op die toneel oorlede.

’n 26-jarige man van Bridgton is op ’n klagte van moord in hegtenis geneem.
’n Kranslegging vir Emile is gistermiddag in 21ste Laan gehou.