Ongelukkigheid toe vergadering meer as uur laat begin

’N SPESIALE raadsvergadering wat op kort kennisgewing vir Maandag (9 Mei) belê was, was onwettig volgens sommige raadslede. Die raads­- vergadering, wat om 12:00 moes begin, is deur die speaker, Colan Sylvester, met 30 minute uitgestel nadat raadslede gekla het dat hulle nie ’n agenda ontvang het nie. Die agenda was egter eers meer as ’n uur later gereed om 13:10 te begin.

Johan Allers (VF Plus) het met die aanvang van die vergadering daarop gewys dat die agenda vir enige raadsvergadering 48 uur voor die tyd aan raadslede voorsien moet word.

Raadslid Chris Mcpherson (DA) het op sy beurt gesê hy kry skaam om ’n raadslid te wees. “Dit is reeds ’n uur sedert die raadsvergadering moes begin, en ons kry nou eers die agenda. Hoe kan so ’n vergadering gehou word as daar so kort kennis gegee word? Hierdie vergaderings het sover nog niks met dienslewering te doen gehad nie; so hoe moet ek as raadslid dit aan inwoners verduidelik?”

Die media, wat sedert 12:00 in die raadsaal gewag het vir die vergadering om te begin is sowat sewe minute na die aanvang van die vergadering deur die speaker gevra om die raadsaal te verlaat omdat die agenda “in komitee” bespreek sou word. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Be the first to comment on "Ongelukkigheid toe vergadering meer as uur laat begin"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*