Daar is nie R3 miljoen uit munisipale rekening oorbetaal nie, sê Hendricks

Walter Hendricks

’N VOORVAL in Desember 2021 by die Oudts­hoorn Munisipaliteit waar twee werknemers na bewering bedrog gepleeg het deur ’n faktuur te vervals vir betaling deur die munisipaliteit, word deur die Valke ondersoek. ’n Bedrag van R3 miljoen word genoem.

Volgens die waarnemende munisipale bestuurder, Walter Hendricks, is die voorval deur die munisipaliteit aan die Valke gerapporteer wat die saak reeds ondersoek.

“Geen geld is verlore of wanaangewend nie en die munisipaliteit het geen verlies gely nie,” het hy op navraag gesê. “Dit is ’n administratiewe aangeleentheid wat deur die munisipale administrasie hanteer word.”

Raadslid Suzane Jansen (PA) en nog lede van die burgemeesterskomitee het verlede Donderdag ook ’n bedrogklag hieroor by die Oudtshoorn Polisie ingedien.

“Die dossier is by die Oudtshoorn-speurders en is in die proses om na die Valke oorgeplaas te word,” het kapt Louis Visser, polisiewoord­voerder, gesê. (Deur Liesel le Roux)

Be the first to comment on "Daar is nie R3 miljoen uit munisipale rekening oorbetaal nie, sê Hendricks"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*