Nuwe kruis word die naweek belig

DIE 14 m hoë kruis op Spekkop in Oudtshoorn wat reeds vanaf Maart vanjaar in aanbou was, is reg om aangeskakel te word.

Ranger Grebe het die “ISurrender”-projek reeds vier jaar gelede op die been gebring.

Hy nooi alle Oudtshoorniete uit om die seremonie by te woon vanaand (Donderdag) om 18:30 by die kruis.

Daar sal ook tydens die aanskakel van die kruis gebid, en ’n lofprysingsdiens gehou word. Na afloop daarvan sal daar nagmaal bedien word.

“Die ligte word aangeskakel as ’n teken dat Jesus die dood oorwin het, die kruis is leeg en Jesus skyn nou oor Oudtshoorn,” het Grebe aan Die Hoorn gesê.

Dit sal ook ’n lewendige uitsending op Heartbeat FM wees.