Foto van die Week

Hierdie vier perde van die Polisie se berede-eenheid, al die pad vanaf Kaapstad, hou feesgangers daagliks veilig. Hulle vertrek elke oggend om 09:30 vanaf die honde-eenheid net buite Oudtshoorn na die feesgronde toe, en patrolleer tot 16:00. Van links staan die 17-jarige Boerperd Lathan saam met ao Petersen. Langs hom, die reuse Saal-Resiesperd kruis Lancelot (16) en sers. Koen. Langs hom staan die mooiste merrie, ’n Friesperd, Hess met haar ruiter sers. Ryk, sy is ook die oudste (19), en laaste nog ’n Friesperd Kagiso (16) en sy ruiter sers. Dlokolo. Wees op die uitkyk vir hierdie pragtige diere. Foto: Angelique Erasmus