
Die Oudtshoorn munisipaliteit het positief reageer op ’n versoek van Die Hoorn wat namens inwoners gevra het of ’n vierrigting stopstraat by die kruising van Rand- en Kerkstraat aangebring kan word.
Dit volg na die noodlottige botsing waartydens Jay-Dee Klue drie weke gelede gesterf het sowel as nog ’n botsing die afgelope naweek toe ʼn minibus ’n kragpaal getref het.
In die navraag aan die munisipaliteit word genoem dat ’n draai in Kerkstraat aan die bokant van die kruising die oorgang gevaarlik maak aangesien aankomende motors nie vroegtydig gesien kan word nie.
Daar was reeds verskeie botsings by dié kruising asook by die volgende een waar Jubileestraat Kerkstraat kruis.
In die reaksie wat verlede week vanaf die munisipaliteit ontvang is, word toegegee dat die tweerigtingstop wat tans by die kruising is, onvoldoende is.
’n Deel van die verklaring wat vanaf Aurelia Mle, munisipale skakelbeampte, ontvang is, lui:
“Given the visibility restrictions, road classifications, traffic speed and accident risk, there are clear reasons why a four-way stop street can be considered in accordance with legal and technical frameworks.
“The Municipality is committed to working with residents on road safety, not only by responding to incidents, but through community engagement and responsible decision-making.
“The Municipality believes that community input is essential to making sustainable decisions.
“Therefore, a public participation process will be used instead of expensive traffic studies:
- Residents will be invited to submit written requests, opinions or petitions;
- If there is sufficient support, these will be presented to the Municipal Traffic Forum;
- If approved, implementation will take place, with appropriate road signs.”
In reaksie op die munisipaliteit se onderneming sal inwoners van Randstraat, Jubileestraat en Kerkstraat in die omgewing van dié spesifieke kruising gedurende die volgende twee weke ’n publieke deelname proses inisieer en dan hulle motivering en ondesteuning van ’n vierrigtingstopstraat aan die munisipaliteit oorhandig. Volgens inwoners wat met Die Hoorn gesels het, sal ’n vierrigtingstopstraat ook die spoed van verkeer in Kerkstraat verminder.
Dit blyk ook dat verkeer in Randstraat stelselmatig toeneem aangesien motoriste dié straat meer gereeld begin gebruik as ver-bindingsroete tussen St Saviourstraat en Voortrekkerweg. (HANNES VISSER)