Moordsaak uitgestel vir judicare

DIE saak teen drie mans van Oudtshoorn wat tereg staan op klagtes van moord met ’n gesamentlike doel, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof uitgestel tot 14 Desember vir die aanstelling van ‘n regshulpadvokaat.

Kelvin Botha (29) van Neppon, Niel Daniels (27) van Rose Valley en Henry Smith (26) van Rosebank word van moord op Niel Fredericks (25) aangekla. Fredericks is op 21 April vanjaar in Bonteboklaan, Bridgton, met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Botha het na bewering die oorledene met sy knieg op die grond vasgedruk terwyl Smith hom vasgehou het en Daniels hom gesteek het.

Hulle het daarna glo weggehardloop en die moordwapen in Volstruislaan weggegooi, waar dit deur die polisie gevind is. Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni. Die beskuldigdes bly in aanhouding. (Deur Garnett Wicomb)