Modelvliegtuie bring lugskou-pret na die dorp

’n Tiger Moth modelvliegtuig was een van vele te sien by die Oudtshoorn Skaalmodelbyeenkoms vanjaar. Foto: Pieter Malan

Die lugruim by die Oudtshoorn lughawe het omtrent gewemel van modelvliegtuie.
Daar was toertjies en selfs waaghalsiger modelvlieëniers wat gewaag het om lekker laag oor die aanloopbaan te vlieg vir fotogeleenthede.

Sowat 60 modelvlieëniers vanoor Suid-Afrika het hier saamgetrek vir die jaarlike Oudtshoorn Skaalmodel- byeenkoms.

Vanjaar was die 45ste keer wat die geleentheid aangebied is. ’n Paar vliegtuie het ongelukkig tegniese probleme ervaar en neergestort, maar tesame met lekker weer was dit weereens ’n positiewe ervaring vir deelnemers en hul gesinne wat hier kom kuier het. (ANGELIQUE ERASMUS)