Meiringspoort vir eerste keer gesluit tydens gewilde marathon

Reisigers wat op Saterdag 11 Oktober tussen Beaufort-Wes en Oudtshoorn reis sal vir ses ure nie deur Meiringspoort kan ry nie en alternatiewe reëlings moet tref.

Die gewilde Meiringspoort Marathon vind dan plaas en vir die eerste keer sedert die aanvang van die wedloop, word die poort vanaf 05:00 tot 11:00 vir alle verkeer gesluit. Slegs amptelike- en nood-voertuie sal toegelaat word.

Die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Johan Allers, het tydens die besigheidskamer se netwerkaand na die sluiting van die poort verwys en gesê die veiligheid van atlete tydens die marathon is uiters belangrik en daarom is die versoek aan die provinsie gerig om die poort tydelik te sluit.

Verlede jaar het 3 300 atlete aan die 21,1 km en die korter afstand van 10 km deelgeneem en vanjaar word nog meer atlete verwag.

In die verlede was Meiringspoort oop vir verkeer en veral swaar voertuie was ʼn uitdaging.

Die munisipaliteit het twee weke gelede reeds kennisgewings oor die sluiting van die poort gepubliseer.
Sommige strate in De rust sal ook Saterdag en selfs vanaf Vrydagmiddag ge-sluit word aangesien die dorp die registrasie- en eindpunt van die wedloop is.

Atlete word vroeg die oggend van die wedloop met volstruisvragmotors vanaf De Rust na die twee wegspringplekke vervoer.

Die kennisgewing wat uitgereik was, lui soos volg:
Meiringspoort will be CLOSED on Saturday, 11 October 2025 from 05:00 to 11:00.
Please also take note of the following street closures in De Rust:
Kerk Street (from Schoeman Street to Vrede Street)
Burger Street (from Schoeman Street to Vrede Street)
From Friday, 10 October 2025 at 09:00 to Saturday, 11 October 2025 at 14:00
Nuwe Street (from Schoeman Street to Le Roux Street)
Steytler Street (from Schoeman Street to Le Roux Street)
Hoop Street (from Schoeman Street to Le Roux Street)
5th Ave (at Schoeman Street)
4th Ave (at Schoeman Street)
3rd Ave (from Schoeman Street to Le Roux Street)
2nd Ave (from Schoeman Street to 3de Ave)
Le Roux Street (from Nuwe Street to Burger Street)
Important: No parking will be allowed on these streets during the event.
Please plan your routes accordingly and support our marathon participants.