Marie se motor ry al meer as 330 000 km

Nico Ungerer en Marie Olivier by haar Ford Laser 1300. Foto verskaf

MARIE OLIVIER van Oudtshoorn het op 22 Maart 1993 ’n splinternuwe Ford Laser 1300 by Nico en Bennie Ungerer, destydse eienaars van Eenstop Ford Garage in Voortrekkerweg op Oudtshoorn gekoop en ry dié voertuig steeds vandag.

Hierdie motorhandelaar het sedertdien naam verander en nuwe eienaars gekry. Sy het die voertuig in daardie jare vir R36 000 gekoop.

Die afstandmeter staan 30 jaar later – op 22 Maart 2023 – op 332 470 km. Olivier ry steeds met die voertuig.

Vir 11 jaar van haar 40 jaar onderwysloopbaan het sy Laerskool De Rust toe gery – die rede dat die afstandmeter so geklim het.