Waarheen ly die lewenspaaie jou? Shalom, die 12-jarige Arabierperd het hierdie berg by Meijer’s Rust gasteplaas net buite De Rust verken, en groot was sy verbasing dat na die styl klim, en sweet was daar ’n pragtige plato bo, met die mooiste en groenste weiveld. Daar was selfs ’n mak trop Elande, maar hy was nie vreeslik seker van daardie gediertes wat groter as hyself is nie. Net ’n bewys dat die pad dalk soms moeilik, lank of uitputtend kan raak, maar die eindbestemming is beslis die moeite werd. Foto: Angelique Erasmus