’N MAN wat Mandrax-tablette by sy motorvenster uitgegooi het toe die polisie hom gisteraand by ‘n ingang van Oudtshoorn van die pad probeer aftrek het, het vandag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.
Hy is die tweede man in die Klein Karoo wat die naweek vasgetrek is in verband met die besit van Mandrax. Die eerste was ’n 60-jarige man wat Vrydag in Ladismith vasgetrek is met 1 010 Mandrax-tablette bedoel vir verspreiding op Oudtshoorn.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het ’n 39-jarige man Sondagaand weggejaag toe die Oudtshoorn Polisie hom omstreeks 22:25 by die Engen Garage by Rainbow Motors in Langenhovenweg wou aftrek. Die polisie het gesien hoe hy ’n pakkie by die venster uitgooi en hom agternagesit tot in Zebraweg.
Die man is hierna na die plek geneem waar die pakkie weggegooi is. In dit was 1 039 Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van R35 000. Hy is op die toneel in hegtenis geneem. (Deur Liesel le Roux)
Sjoe dankie julle werk baie hatd SAPD.Dankie vir die konfiskering van soveel dwelms .Hoeraa julle die oorlog het behin teen mense wathandeldryf daar mee Handsup gp those who eork so hard day and night