60-jarige vasgetrek met Mandrax bestem vir Oudtshoorn

Van die Mandrax-tablette wat in 'n 60-jarige man se besit gevind is. Foto verskaf

’N 60-JARIGE man verskyn vandag (Maandag 19 Julie) in die Ladismith Landdroshof nadat 1 010 Mandraxtablette met ’n straatwaarde van R50 000 in sy besit gevind is.

Volgens sers Christopher Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is die tablette Vrydag (16 Julie) gevind toe die Ladismith Polisie ’n minibus-taxi deursoek het wat van Kaapstad na Oudtshoorn onderweg was. Die voertuig is deur die polisie by ’n voertuig-deursoekpunt in Suidstraat gestop.

Die man, een van die insittendes in die voertuig, is op ’n klagte van dwelmhandel in hegtenis geneem nadat die polisie op die tablette in die man se besit beslag gelê het.

Spies sê ’n voorlopige ondersoek het dui daarop dat die dwelms vir verspreiding op Oudtshoorn bestem was. (Deur Liesel le Roux)

1 Comment on "60-jarige vasgetrek met Mandrax bestem vir Oudtshoorn"

  1. Linda Blaauw | 07/19/2021 at 12:47 |

    Dankue SAPD HULLE MAAK VAN ONS KINDERS GEDIERTES.👍Hou so aan julle is tops.Mag fie Here jule behoed en bewaar.

Comments are closed.