Man verongeluk op Swartbergpas

Die Swartbergpas. Foto: Dr Francois Strauss

’N ONGELUK op die Swartbergpas buite Prins Albert het Donderdag (12 Januarie) die lewe van ’n 37-jarige man geëis., met die Prins Albert-polisie wat ’n saak van strafbare manslag ondersoek.
Volgens sers Christopher Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, ondersoek Prins Albert-speurders tans die omstandighede aangaande die afsterwe van die man wat weens sy beserings as gevolg van die ongeluk gesterf het.

Die voorval het omstreeks 17:00 in die pas plaasgevind, sê Spies.

Na bewering het die Volkswagen Polo, waarin die oorledene gery het op pad na Prins Albert, omgeslaan in die pas.

Buiten die noodlottige beserings wat die oorledene opgedoen het – wat dood op die toneel verklaar is deur paramedici – het drie passasiers ernstige beserings opgedoen. Volgens Spies is alle beseerdes hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Een van die beseerdes steeds in die hospitaal is.

Die ondersoek duur voort. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Be the first to comment on "Man verongeluk op Swartbergpas"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*