Maak so as jy simptome van COVID-19 het (soos koors, moegheid, keelseer, ‘n droë hoes, hoofpyn, oormatige slym, asemhalingsprobleme, diaree, braking) en dink dit is nodig dat jy op Oudtshoorn vir die virus getoets moet word:
BEL EERS!
Moenie na die Mediclinic Klein Karoo, die Oudtshoorn Hospitaal of enige kliniek gaan sonder dat jy vooraf gebel en ‘n afspraak gemaak het nie. Volg die volgende stappe:
1. MEDICLINIC KLEIN KAROO
Bel vooraf jou dokter of die Mediclinic (044 272 0111) om ‘n datum en tyd te reël.
Ry by die Mediclinic se hoofingang in, draai links agterom tot by agterste parkering en hou op enige van twee geallokeerde parkeerplekke stil. ‘n Verpleegster met beskermende klere sal jou by die voertuig kom haal en na ‘n Screening Station neem.
Indien jy aan die NCID (Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes) se kriteria voldoen, gaan jy dan die gebou agter binne waar jou hande gereinig word en jy ‘n masker ontvang. Die toets word hier binne die toetsstasie gedoen.
Indien jy toegelaat moet word in die hospitaal, is daar direkte toegang tot die COVID-saal (Saal C).
2. OUDTSHOORN HOSPITAAL EN KLINIEKE
Bel vooraf die Oudtshoorn Hospitaal of een van die klinieke om ‘n datum en tyd te reël. Die klinieke wat vir COVID-19 kan toets, is: Bongolethu Kliniek (044 2740929), Bridgton Kliniek (044 2792641), De Rust Kliniek (044 2412057), Dysselsdorp Kliniek (044 251013), Oudtshoorn Kliniek (044 2727682), Toekomsrus Kliniek (044 2741590) en die Oudtshoorn Hospitaal (044 2037242/28).
Met jou aankoms sal jy ondersoek word. Party mense sal moontlik gevra word om later terug te kom. Slegs mense wat aan die NCID (Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes) se kriteria voldoen, sal getoets word. Niemand sonder simptome sal getoets word nie.
* ‘n Vorm waarop jy jouself kan asseseer is aanlyn beskikbaar by www.westerncape.gov.za/department-of-health/risk-assessment-form of bel die nasionale noodnommer 0800 029 999 of die provinsiale noodnommer 021 928 4102.
ONTHOU: HOU ALTYD AFSTAND VAN ANDER MENSE EN WAS JOU HANDE GEREELD!

Ek het die vraag al orals gevra, maar kry nie reguit antwoorde soos Ja of Nee nie. Hoekom wegskram , dit kan dodelik gevaarlik wees
My vraag is eenvoudig.
Vraag 1 – ” as my hond skielik
begin nies, kan dit s
dalk ‘n begin teken van Coronavirus wees ? Ja / Nee
Vraag 2. Moet ek haar laat toets. Anersins is sy Baie
Gesond.
VRAAG 3. KAN ‘n HOND ‘n
MENS AANSTEEK MET CORONAVIRUS ? JA….OF NEE ….
Thank you for Die Hoorn that is on top of all the stories and information needed by people living in Oudtshoorn.