As die gesig op een van die plakkate by Pick
n Pay Clothing in die Queen's Mall op Oudts -
hoorn vir jou bekend lyk, is jy reg! Dis Mia le
Roux, wat grootgeword het op Oudtshoorn en
tans deeltyds as model in Kaapstad werk.
Mia, 'n oud-leerder van Laerskool van Reede
en die Hoërskool Oudtshoorn, se ouers,
Schalk en Liesel, is die eienaars van PostNet
Oudtshoorn en die vorige eienaars van Die
Hoorn.
Foto: Angelique Erasmus