Ronnie Lottering , ’n voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, wat tereg staan op tien aanklagte van bedrog ten opsigte van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur het verlede Donderdag vlugtig in die Oudtshoorn distrikshof verskyn.
Die staatsaanklaer, Willem Vister, het die hof meegedeel dat die ondersoek voltooi is en die saak teen Lottering vir pleit en verhoor uitgestel kan word.
Lottering het volgens die klagstaat tussen Mei 2013 en April 2015 op onwettige wyse vir Imvusa Trading, Tremenders en Ihlati Communications as diensverskaffers vir die munisipaliteit aangestel aan wie miljoene rande betaal is.
Lottering het die hof Donderdag meegedeel dat hy om regshulp aansoek wil doen en die saak is deur landdros Elsie Schoeman vir ’n streekhofdatum tot 2 November uitgestel.
Die beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat. (Deur Garnett Wicomb)
Lottering in hof
Ronnie Lottering