AFRIFORUM se buurtwagte het verlede Vrydag en Saterdag ’n patrollie deur Oudtshoorn se strate gehou. Dit het deel uitgemaak van die Nasionale patrollie.
Die konvooi het in Parkweg bymekaar gekom en daarna deur die dorp gery. Rosevalley, Bridgton is ook besoek. Die AfriForum buurtwagte, SAPD, Militêre Polisie, Verkeer en Wetstoepassing asook die burgemeester, Chris Macpherson en raadslid Johan Fourie het almal deel gevorm van hierdie patrollie.
Die ongeveer 29 voertuie het ’n roete van 25 km gery.
Na afloop van die patrollie het almal by die plein op die hoek van Voortrekker en Parkweg bymekaar gekom met ’n koffie en vetkoek, waar die burgemeester en brig Susan Crafford al die deelnemers bedank het en die belangrikheid van sulke aksies beklemtoon het.
Patrollies is deurnag gery in die verskeie buurte en plase. (Deur Lindi Brill)
AfriForum hou nasionale patrollie in O’hoorn
Al die rolspelers wat betrokke was by die AfriForum-patrollie wat verlede Vrydag en Saterdag deur die dorp gery het. Foto: Verskaf