’n Lasbrief wat oorgehou word vir een van die sestien verdagtes van ’n beweerde dwelmsindikaat van Oudtshoorn, De Rust, Calitzdorp, George, Gqeberha en Kaapstad, wat gesamentlik tereg staan op 54 aanklagte van handel in dwelms en geldwassery, is verlede week in die Oudtshoorn distrikshof uitgereik vir een van hulle wat nie by die hof was nie.
Vier van die verdagtes, Manfred John, Wilbur Paulsen, Arlington Hurling en Shaun Hendricks word aangehou terwyl borgtog van tussen R1 000 en R20 000 vroeër aan agt van die verdagtes toegestaan is.
Landdros Ntombizandile Maseti het die borgtog en borgvoorwaardes van Reginald Fielies, Melvin Jacobs, Marshall Mc Clune, Vladimar Gordon, August Wild, Vivian Arries en Vincent Goba verleng en die borgtog van Emile Jonas voorlopig verbeurd verklaar omdat hy nie by die hof was nie en ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming gelas wat oorgehou word.
Drie van die verdagtes, Ann Erasmus, Chantelle Manewil en Madalyna Adams is op waarskuwing. (Deur Garnett Wicomb)