Ladismith Polisie samel fondse in

DIE Ladismith Polisie het meer as die handhawing van wet en orde ten doel. Hulle het bewus geword van die finansiële nood van die plaaslike Kin­dersorgorganisasie en besluit om in te gryp en fondse in te samel met ’n pretloop op 28 September. Met ver­skeie borge wat betrokke geraak het, is R23 000 reeds ingesamel.

Dié pretloop sluit twee roetes in, een oor sowat 50 km vanaf Vanwyksdorp en ’n kor­ter een. Daar word be­oog om skole en sowat 100 deel­ne­- mers te betrek. Die langer roete sal deur se­we lede van die polisie en drie van die publiek gestap word. Die kor­ter roete, wat veral op leerders fokus, sal in Albertstraat wegspring en via Elands­vlei weer in Albertstraat eindig. (Deur Deon Meyer)