Baie suksesvolle Boeremusiekfees lok mense van heinde en verre na Oudtshoorn!
Skoffelsessie van epidermiese proporsies!
Die Grootvoël Boeremusiekfees het Vrydag en Saterdag mense van heinde en verre na Oudtshoorn gelok om na van die lekkerste voetstamp-boeremusiek in die land te kom luister en saam te dans. Volgens die hoof-organiseerder, Willem Marais, was dit een van die grootste feeste nog, en moes daar naderhand plek gemaak word vir meer mense om in die Hoërskool Oudtshoorn se skoolsaal te pas. Foto’s: Stefan Skapie Goosen