
’n Emosionele Cicia September van Dysselsdorp was Woensdag die eerste ontvanger van ’n huis wat deur Tertius Simmers, Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, in die dorp oorhandig is. By haar is ’n wykskomiteelid van Wyk 10, Rita Antonie, met raadsheer Memory Booysen van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit agter.
DIE Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertius Simmers, het gister in Dysselsdorp die eerste van 12 regeringsgesubsidieerde huise wat tans daar gebou word, aan inwoners oorhandig.
Gesubsidieerde behuising is nie meer ’n munisipale funksie nie en word sedert 2020 nasionaal bepaal en via die provinsies geïmplementeer.
Die oorhandiging van die huise Woensdagmiddag het deel uitgemaak van ’n besoek van Simmers aan die Tuinroete Distrik.
Hy het Woensdagmiddag ook die Oudts- hoorn Munisipaliteit se paaiedepartement-depot in Voortrekkerweg besoek.
• Simmers het tydens sy besoek aan die streek Dinsdag ’n steenleggingseremonie by die Melkhoutfontein-behuisingsprojek en ’n gemeenskapsvergadering in New Horizon, Plettenbergbaai bygewoon, met op sy program vir Donderdag en Vrydag die oorhandiging van titelaktes in Syferfontein in Pacaltsdorp, ’n sooispitgeleentheid in George en ’n besoek aan die Tuinroete Distrik se paaiedepartement-depot.