Kaalgatkoeke het Facebook hierdie week aan die gons gehad, nadat ’n foto van ’n Klein Karoo Spar-etiket op sosiale media gedeel is. Die Hoorn het gaan ondersoek instel en met Nerine Saayman, van Klein Karoo Spar, by die nuwe “Jou Eie” sentrum gesels.
“Die naam Kaalgatkoek is dieselfde as die Engelse Naked Cake,” vertel sy.
Ons kliënte is Engels en Afrikaans en ons hou daarvan om produkte in beide tale vir kliënte te bied.”
Volgens haar vlieg die koeke van die rakke af, nie net oor die unieke naam nie, maar ook omdat hulle so lekker smaak.
Gaan kry gerus vandag nog jou eie Kaalgatkoek.
Klein Karoo Kaalgatkoeke
