KKNK 2022: Belangrike inligting vir feesgangers

Die dokumente nodig vir KKNK-toegang
VIR toegang tot die KKNK-Fees­mark en die venues vanjaar het feesgangers twee dokumente nodig.
Die een dokument is jou inen-tingsertifikaat/inentingskaart, óf andersins ’n negatiewe PKR- of snel­- toetsbewys, óf andersins ’n bewys dat jy die afgelope drie maande Co­vid-positief getoets het.

Die tweede dokument is jou groen strepieskode-identiteits­dokument/ identiteitskaart, of andersins jou pas­poort of andersins jou geboortesertifikaat.

Saam met jou kaartjie vir die Feesmark of jou kaartjie vir venues waar vertonings aangebied word, sal dié twee dokumente jou toegang gee.

Spaar jouself so tyd en moeite
Om tyd en moeite by die deure en hekke te spaar kan feesgangers by die Absa Burgersentrum of die ingang van die Feesmark of by die Web­tickets-kaartjiekantoor (die hoek van Voortrekkerweg en Baron van Ree­destraat) eenmalig registreer en ’n toegangsbandjie vir die week daar kry.

Toetsstasie vir diegene wat nie ingeënt is nie

Daar is ’n toetsstasie by die biblioteek in Langenhovenweg vir diegene wat nie ingeënt is nie en ’n antigeen-blitstoets wil laat doen as bewys dat hulle nie Covid-positief is nie en so toegang kan verkry tot die Feesmark en KKNK-lokale.

Die toets kos R150 en sal deur geregistreerde mediese personeel van ’n onafhanklike kontrakteur, Alert Patrol, behartig word.

Die toetsstasie is elke dag tot Saterdag van 09:00 tot 16:00 oop.

Feesmark is kontantloos
Die Feesmark word vanjaar kontantloos aangebied met ’n stelsel wat deur Absa, in vennootskap met Howler, bestuur word.

Feesgangers kan geld vanaf ’n debiet- of kredietkaart op ’n gratis Absa-feeskaart laai by optop-stasies op die feesterrein.

Die oorblywende balans op fees­kaarte sal gratis by hierdie stasies op die feesterrein, of via die Howler-webwerf, uitbetaal word.

By kroeë in die Feesmark sal slegs die Absa/Howler-feeskaart as beta­lingsmiddel gebruik kan word.
Elders in die Feesmark sal fees­gangers egter ook hul debiet- en kre­dietkaarte vir betaling kan gebruik.

KKNK-app vir inligting
Feesinligting is ook beskikbaar op ’n nuwe web-app bekend. Laai dit af op jou selfoon by https://kknk2022.kknk.co.za