KKNK 2022 skop af op Oudtshoorn!

Die Prince Vintcent-gebou op Oudtshoorn mag al ’n “ou man” wees - soos die eienaar van die gebou, Kobus Spies, onlangs daarna verwys het, maar watter pragtige gebou is dit nie! Dit was Maandagaand die venue vir die openingsfunksie vir vanjaar se KKNK - ’n emosionele funksie vir baie nadat Covid-19 twee jaar gelede die KKNK ’n week voordat die fees sou begin, gekelder het. Die opening is bygewoon deur talle van die kunstenaars wat vanjaar by die fees optree, KKNK-direksielede, borge, die media en ander betrokkenes by die fees. Prince Vintcent is ook die tuiste vir die indrukwekkende kunsuitstallings wat by vanjaar se fees te sien is. Foto: Robert Koen