KANNALAND se Munisipale Bestuurder, Morné Hoogbaardt (47), is op Sondag 23 April 2023, ongeveer 16:40 deur lede van die Provinsiale verkeer tussen George en Oudtshoorn afgetrek, en in hegtenis geneem, nadat hy van dronkbestuur aangekla is, lui ’n verklaring vanaf Christopher Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie.
Volgens die verklaring het hy Maandag 24 April 2023 sy eerste verskyning in die Oudtshoorn Landdroshof gemaak, en die saak is uitgestel na 15 Augustus 2023.
Kannaland MM vir dronkbestuur gevang
Morné Hoogbaardt, Kannaland se MM
Foto: Deon Meyer