Hierdie foto van die Kammanassiedam is Woensdagoggend geneem tydens ’n geleentheid waar die Stompdrif Kammanassie Watergebruikersvereeniging lede van die publiek genooi het om op die damwal te kom loop en die dam te besigtig.
Die geleentheid is ook sommer gebruik om ’n dankseggingsdiens te hou. Die dam staan tans op 72%, en was laas op 21 Maart 2016 op dieselfde vlak.
Die dam het op 17 November 2015 die laaste keer oorgeloop. Foto: Pastoor Francois Mattheüs van AGS Klein Karoo Gemeente
Kammanassiedam tans op 72%
