Moord, misdaad – kommer oor toename

DIE toename in geweld en moorde in die Klein Karoo is ’n groot rede tot kommer. In Julie alleen was daar altesaam ses moorde, wat die aantal moorde vanaf Januarie tot 15 laat styg het. Dit is egter goed om te weet dat vir elke moord daar wel verdagtes gearresteer is, en meeste het reeds in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Hier volg ’n lys van elke persoon wat vanjaar sy lewe verloor het:
Daar moet ernstig gekyk word na die oorsaak, die omstandighede met betrekking tot elke moord en die wapen wat vir die daad gebruik is. In al die moorde behalwe die van Wilson Prins, was die moordwapen ’n mes of ’n skerp voorwerp. Die moorde hou ook grotendeels verband met ’n bakleiery, geweld of ’n rooftog.

Volgens die nuutste statistieke vir die jaar, is daar ’n toename veral in roof en winkeldiefstal. Armoede is natuurlik een van die belangrikste bydraende faktore. Met moeilike ekonomiese toestande het baie hul werk verloor, en weens die verhoging van die pryse van die kos kry kopers minder waarde vir hulle geld.

Dit is ook belangrik om te kyk waar misdaad oor die algemeen voorkom. 70% van alle voorvalle kom in Sektor 1 en 2 voor, naamlik Bridgton en Bongolethu. Dan kom daar 20% van die voorvalle in die middedorp voor, Sektor 3, waarvan meeste winkeldiefstal en inbrake is. Die laaste 10% vind plaas buite die dorp in landelike gebiede en plase wat as Sektor 4 bekend staan.

Hier volg die statistieke vir arrestasies roof, diefstal en winkeldiefstal vir die jaar (slegs vir Oudtshoorn se Sektore 1 – 4):

Gesteelde Goedere: 86, Inbrake by besighede: 2, Beskadiging van eiendom: 79, Winkeldiefstal: 145, Roof met ’n vuurwapen of speelgoedgeweer: 9, Roof met verswarend omstandighede: 21.

Dan kyk ons verder na moontlike redes waarom hierdie voorvalle plaasvind, soos armoede en die gebruik van drank en dwelms wat weer kan lei tot meer gevalle van aanrandings en bakleiery:
Aanranding met die doel om ernstig te beseer: 171 (meestal familieverwant), Poging tot moord: 28,
seksuele aanranding en verkragting: 13, Algemene aanranding: 343, Dronk op straat:122, Oproerige gedrag: 605, Handel of besit van dwelms: 577, Dronk bestuur: 37 en dan roekeloos en nalatige bestuur: 20.

Dan is daar ook 320 arrestasies van persone wat gevang is met gevaarlike wapens. Dit is bekommernis, want dit wil blyk dat van die voorvalle dalk stryery of bakleiery is wat hand uitruk, ook as mense hul teësit wat beroof word en gesteek of die aanvaller steek.

Daar is ook 2 gevalle van brandstigting en 77 arrestasies van persone wat onwettig in die land is.
Leon Champer Oudtshoorn Raadslid en stigter van die Oudtshoorn Community against Crime groep, het die volgende aan Die Hoorn gesê dat na die twee moorde van Jacques Liebenberg en Boutros May het hy besluit om Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) op die been te bring. Op daardie stadium was dit net die twee moorde, maar vandag is daar alreeds op 15 moorde.

“Met die stig van OCAC was my doel om meer mense van die gemeenskap te betrek teen die bekamping van misdaad. Wat ons duidelik wil maak is dat misdaad ontstaan uit ons eie gemeenskappe, en daarom moet ons eie gemeenskap opstaan teen hierdie misdade. Die polisie is te min om ’n hele gemeenskap te beskerm, ons moet mekaar beskerm,” sê hy

Die konsep werk soos volg: Daar ’n groot WhatsApp groep gestig is, en daarna word dit in kleiner groepe opgedeel bv. Askamp. Vir elke straat sal daar dan ’n kontak persoon wees, wat situasies monitor die situasie en dan om hulp op die groep kan vra as daar ’n probleem is.

“Dit is ’n massiewe taak om hierdie groepe eers op die been te kry. Daarom is ons nou eers besig met die bewusmaking vir hierdie strategie. Ons volgende saamtrek is komende Sondag om 15:00 by die Bongolethu taverne.”

Daar is in elke area ongeveer vyf blokke, en elke blok gaan ’n leier hê wat die kontak sal wees tussen die polisie en die gemeenskap. As hierdie stelsel op die been is gaan daar hopelik ’n verskil gesien kan word misdade en persone wat misdade wil pleeg hokslaan word.

“Oudtshoorn se moorde is nie gelykstaande aan die res van die land nie. Hier is dit nie “gangs” wat die moorde pleeg nie, dis een persoon wat ’n ander doodsteek. Die probleem is dat almal rondloop met messe en daar is geen wetgewing teen die besit van ’n mes nie.”

Vir OCAC is dit ook baie belangrik om die familie van die slagoffers wat deur misdaad geaffekteer word te ondersteun, en daar word na elke moord ’n kransleggings gedoen om die families ’n mate van afsluiting te gee en wys dat die gemeenskap gee om en voel saam met hulle hul pyn.

“Ons wil graag die hele Oudtshoorn vra om deel te raak van die beweging,” sluit Campher af. (Deur Angelique Erasmus & Lindi Brill)